Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Brandaan-siklus (6): "Kronos" deur D.J. OPPERMAN
Brandaan-siklus (6): "Kronos" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #50118] Sa, 15 September 2001 12:25
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Uit Brandaan-siklus
D.J. Opperman

Kronos

Om ruite en die deure van my huis
buig in die oggendmis 'n boaslang
soos om 'n glas die vingers van 'n vuis,
en hou in ligrooi gordels my gevang
dat ek besef met alle wisselinge
van gevoelens, van getye en die tyd,
bly ek binne die vlees en reekse ringe
van 'n groot bruin boa wat sy stert vasbyt.
Soms op 'n oggend waan ek my verlos:
rooi vink en vlinder tuimel in die son,
by Weza werk houthakkers in die bos
en om die trein verskuif die horison.
Maar snags sien ek hy hou die kosmos styf
gevange in die Melkweg van sy lyf.
Vorige onderwerp: Brandaan-siklus: "Vuurlopers" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: Brandaan-siklus: "Séance" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 12:26:05 MGT 2024